Zimbabwe se werkers sal van Maandag af kan begin om hul volle salarisse te trek ná 'n besluit van die Zimbabwiese Reserwebank in Desember 2008 wat hulle meer geld toelaat, het die staatsbeheerde Herald-koerant berig. Die ontrekkingsperk vir nie-loonstrokiehouers en korporatiewe kliënte sal egter op vyf miljard Zimbabwe-dollar en 50 miljard Zimbabwe-dollar per week bly.
Lees verder: Zim-werkers kan nou volle salarassie – met baie nulle – trek

Uit my huidige navorsing oor die Grensoorlog het ek op 'n interessante obiter-feit afgekom. Tydens die voorbereiding vir die onaangenaamheid by Cuito Cuanavale het die toenmalige president, PW Botha, 'n strategiese beplanningsessie bygewoon. Iewers tydens die geskrum rondom planne, idees en inligting, het 'n relatiewe junior offisier die opmerking gemaak dat dit half jammer is dat daar 'n staande verbod op die gebruik van slagtenks in Angola is.