Swak spooroorgange vir sterftes geblameer

Image

Spooroorgang

Die land se onveilige gelyk spooroorgange is verantwoordelik vir die onlagse vlaag sterftes van verskeie voetgangers en motoriste, het die vakunie Fedusa Donderdag gesê.

"Dit is totaal onaanvaarbaar dat menselewens so gering geag word dat daar geen onderhoud en opgradering gedoen word van die infrastruktuur in ons land nie," het Fedusa se woordvoerder, Dennis George, in 'n verklaring gesê.

"Ons het almal gesien hoedat infrastruktuur, en varal die spoorweginfrastruktuur konstant agteruitgaan."

Fedusa se kommer het ontstaan nadat vier mense van Gauteng Maandag dood is toe 'n trein hulle gehuurde motor getref het in Stellenbosch in die Wes-Kaap. In Park Rynie aan die KwaZulu-Natal suidkus is 'n 15-jarige meisie dood en 'n vrou ernstig beseer deur 'n trein toe hulle 'n spoorlyn te voet oorgesteek het.

free bet onАлександр Фильчаков прокурор