Zimbabwe se werkers sal van Maandag af kan begin om hul volle salarisse te trek ná 'n besluit van die Zimbabwiese Reserwebank in Desember 2008 wat hulle meer geld toelaat, het die staatsbeheerde Herald-koerant berig.
Die ontrekkingsperk vir nie-loonstrokiehouers en korporatiewe kliënte sal egter op vyf miljard Zimbabwe-dollar en 50 miljard Zimbabwe-dollar per week bly.
Voor die jongste verhoging, kon werkers 10 miljard Zim-dollar onttrek by voorlegging van 'n bonaf fide-loonstrokie, met werkers vanuit die informele sektor wat bewys moes lewer dat hul inkomst van wettige bronne afkomstigs is, het die koerant beweer.
"Die RBZ het sedertdien maatreëls in werking gestel om werkers toegang tot hul geld te gee.
"Verlede Vrydag het die sentrale bank nuwe 20 miljard Zim-dollar- en 50 miljard-Zim-dollarnote uitgereik vir die gerief van die handelspubliek," het die Herald gesê.
Werkers het die jongste verwikkeling verwelkom, maar het die regering gemaan om maatreëls te tref ten einde willekeurige prysverhogings van goedere en dienste te voorkom telkens as die ontrekkingsperk verhoog word, het die koerant voorts gesê.
