Die sewentiende dag van die oorlog teen Hamas, Maandag, het aangebreek met Israel wat bekend gemaak het dat hulle glo dat die militêrer vleuel van die Palestyne krake begin wys. Klaarblylik oorweeg Hamasleiers tans 'n skietstaking.
In Jerusalem het Israel se premier, Ehud Olmert, gesê dat die land "naby aan die doelwitte is wat hulle wil bereik", maar hy het ook bygevoeg dat nog geduld gebruik sal moet word. Hamas is glo senuweeagtig oor die feit dat die Israelse bevolking die weermag ondersteun.
Olmert het die steun as 'n ongekende nasionale poging beskryf.
Israel beoog om reserviste in Gasa in te stuur wat die moontlikheid wat verhoogde konflik inhou. Egipte het intussen aangedui dat hulle onderhandelinge oor 'n skietstaking tussen die strydende partye beplan.
Palestynse owerhede het gesê dat ongeveer 900 Palestyne gedood is. Israel het 13 mense verloor.
