Obama vereer in Keniaanse musiekblyspel

Image15:04:36 Barack Obama, die Amerikaanse presidentskandidaatgunsteling se lewe word nou in ‘n Keniaanse musiekblyspel uitgebeeld in die laaste paar dae voor die verkiesing in Amerika. Obama se grootouers kom van dié Afrikarepubliek af.

Lees verder: Obama vereer in Keniaanse musiekblyspel

Obama geniet sterk ondersteuning in suidelike Irak

14:37:07 Afstammelinge van swart rebelle in die suidelike Irakese stad, Basra, ondersteun Obama onvoorwaardelik in Dinsdag

Image

Barack Obama

se Amerikaanse verkiesing, hoewel party van hulle vrees dat rassisme sal verhoed dat hy wen.

Lees verder: Obama geniet sterk ondersteuning in suidelike Irak

Hulp aan Zim gaan opdroog

Hulp aan Zimbabwe gaan opdroog uit die Weste indien die land nie wys dat dit sy erns is om sy eie mense te help nie. Zimbabwe het $7,3 miljoen se onlangse hulpgeld op ander dinge uitgegee as waarvoor dit bestem is. Global Fund wat Vigs, malaria en tuberkulose wil beveg, het gevra dat die geld teruggegee word omdat Zimbabwe nie by hulle ooreenkoms hou nie.

Lees verder: Hulp aan Zim gaan opdroog

Brittanje, Ysland se bondgenoot…

Dat Ysland probleme het, is geen geheim nie. maar dat Brittanje, 'n vriend en NAVO-bondgenoot, die land groot skade berokken het, is minder bekend. Dit het drie weke gelede begin toe Brittanje stappe geneem het om terrorismewetgewing teen Ysland in te span. Dit het die VK in staat gestel om Britse bates van 'n falende Yslandse bank te bevries.

Lees verder: Brittanje, Ysland se bondgenoot…