Die Tsjeggiese ambassadeur was een van die slagoffers van die reuse ontploffing by die Marriott Hotel in Pakistan oor die naweek. Ongeveer 60 mense, waaronder heelparty Westerlinge, is dood en meer as 250 beseer. Die hotel sal onbepaald gesluit bly. Konsulêre personeel van die Britse missie is beseer in die ontploffing.
Beleggingsbanke slaan nuwe koers in
Goldman Sachs en Morgan Stanley, die twee grootste beleggingsbanke op Wallstraat, wil hulleself transformeer na bankbeheermaatskappye wat onderworpe sal wees aan groter regulering. Dit word beskou as 'n duidelike erkenning dat die model waarop hulle sake voorheen geskoei was nou te riskant geraak het.
Tsvangirai is uitoorl
Ons sien deur die gebeure
Wel die onlangse gebeure met Zuma se vervolging bewys net hoe vol gate en vrot wet en orde in die land geword het.
ANC gaan vandag waarnemende president benoem
Die ANC gaan vandag die land se tussentydse leier (of leidster) benoem wat by Thabo Mbeki die presidentskap sal oorneem. Mbeki het
gisteraand tydens 'n televisie-uitsending sy bereidheid om te bedank verklaar.
Rassisme is “volop” onder Amerikaanse kiesers
'n Derde van blanke Demokratiese kiesers in die VSA meen swartmense is onproduktief en geneig tot geweld, volgens 'n studie wat in die VSA gepubliseer is.
Gordon Brown se eie party twyfel aan sy leierskap
Gordon Brown het tydens die weeklange kongres van die Arbeidersparty wat oor die naweek begin het, belowe om sy "sokkies op te trek" te midde van ontevredenheid oor sy leierskap.
Lees verder: Gordon Brown se eie party twyfel aan sy leierskap
Waarom Mbeki afgedank is
Adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka gaan blykbaar 'n hele uittog van kabinetsministers lei wat ontevrede is met die besluit van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) om president Thabo Mbeki die trekpas te gee.
Toemaar Tim…
Wanneer Dan Roodt weer as Boere-Afrikaner saam met Zoeloe Zuma braai, sal hy dalk Tim du Plessis, Rapport se redakteur, se kierangs uit die vuur kan verwyder, deur vir sy vooroordele van die verlede verskoning te vra. Dis so duidelik soos daglig dat Tim berou toon vir sy ondeurdagte diskriminasie teen mnr. Zuma.
Mbeki: anatomie van ‘n ‘dooie slang’
Die verwagte afdanking van Thabo Mbeki deur die Zuma-faksie het gister plaasgevind. Ná die hofuitspraak in Zuma se guns deur regter Chris Nicholson het Jacob Zuma na sy mededinger op Zoeloe as 'n "dooie slang" verwys.
