Die vakbond vir munisipale werkers, Samwu, gaan voort om te staak en om die middestad van Pretoria te ontwrig. Gister het die vakbond gewaarsku dat hy met sy aksies sal voortgaan totdat daar aan sy eise toegegee word. Afgesien van vullisblikke wat weer omgegooi is met vullis in die strate, het stakers gister ook brandslange oopgedraai.


Hier in die Kaap word ‘n porno-ekspo, dit staan bekend as Sekspo, tans groot gepromoveer – ook in die dagblaaie, soos Die Burger, en deur die e-pos. Dit gaan van 8 tot 11 Mei in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum aangebied word.
Daar bestaan alllerlei gevare rondom die internet en e-pos. Iedereen wat die internet gebruik, moet bewus wees van die risiko's en ook hoe om jouself te beskerm teen sulke gevare. Alhoewel die internet 'n enorme bron van inligting is, bevat dit ook slaggate en is dit nie net wetsgehoorsame burgers wat die internet gebruik nie! Die lokaas wat kuberkriminele aantrek, is inligting wat die gewone internetgebruiker verskaf en stoor, hetsy op sy rekenaar, hetsy op webwerwe soos Myspace en Facebook. Hierdie gids is nie allesomvattend nie, maar kan as bron dien om van die risiko's verbonde aan internetgebruik te verminder.
Vyf mense is deur veiligheidsmagte gedood in die hoofstad van Somalië, Mogadisjoe, tydens 'n hongeropstand. Die opstand het uitgebreek as gevolg van stygende voedselpryse en rekordinflasie.
Die hoof van die internetmaatskappy Yahoo!, Jerry Yang, het nou 'n toeskietliker houding jeens Microsoft ingeneem, nadat die programmatuurreus oor die naweek sy aanbod vir Yahoo! teruggetrek het.