Aluminium is gesteel van Mbeki se woning

Image

Libertas

Nie eens Thabo Mbeki se ampswoning is veilig teen Suid-Afrika se alomteenwoordige metaaldiewe nie. Aluminiumkabels wat R30 000 werd is, is van die dak van die presidensiële woning, voorheen bekend as Libertas, in Goewernementslaan, Pretoria, gesteel. Die aluminiumkabels is drie weke gelede geïnstalleer as 'n vorm van weerligafleiding om elektriese toebehore te beskerm.

Die kontrakteur het intussen sy personeel van die Bryntirionlandgoed waar die huis geleë is, verwyder omdat hulle onveilig gevoel het en dat hulle voorraad en toerusting dalk gesteel kon word.

Hoewel daar 'n polisiekantoor op die perseel is, is die kontrakteur, mnr. Kevin Bredenkamp, aangesê om die diefstal by die Sunnyside-polisiestasie aan te gee.

Wagte by die hek kontroleer blykbaar net inkomende voertuie vir verdagte stowwe of voorwerpe en nie uitgaande voertuie nie.

Mbeki is tans op 'n staatbesoek in Katar en was nie bewus van die diefstal by sy woning nie.

циклевка и реставрация паркета ценаФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae