‘n Besonder winsgewende bedryf vir kerke in Gaboen is ‘n "geestelike kliniek" waar "pasiënte", net soos vir ‘n hospitaal, ná konsultasie en diagnose, ingeboek word.
Yves-David Elysée, wat homself ‘n "biskop" noem, is die baas van Le chandelier d’or of oftewel Die Goue Kandelaar wat enige iets van profesieë tot duiwels uitdryf onderneem.‘n Ou vrou met ‘n kopdoek sukkel-sukkel tot by die pastoor waar sy kla van hardnekkige asma. "Geen hospitaal kan my gesond maak nie. Die medisyne van die dorp het eers gewerk, maar nou is dit erger," sug sy. Die "biskop" aarsel nie eers nie. "Die gees van jou groot-oom wil jou kom haal, jy moet daarvan behoed word," sê hy beslis.


’n Gebrek aan vaardighede is ’n probleem vir Eskom en grootliks verantwoordelik vir die kragonderbrekings waarmee Suid-Afrika tans te doen het, aldus Logan Pillay, konsultant vir die organisasie. Daar is eenvoudig net nie die nodige vaardighede om instandhoudingswerk uit te voer nie, meen hy. Elektriese ingenieurs en opgeleide elektrisiëns verlaat die land na plekke soos Australië, Nieu-Seeland en Brittanje, waar hulle meer betaal word en die werksomstandighede nie so moeilik is nie.
Met die ruolieprys op pad na honderd dollar per vat, stuur die wêreld op ʼn permanente energiekrisis af. Die gedagte dat die maklike, goedkoop energie wat ons die afgelope 200 jaar eers uit steenkool en toe uit olie verkry het oor enkele dekades gaan opraak, is besig om nagmerrievisioene by Westerse beleidmakers te veroorsaak.