Eskom verlam deur gebrek aan vaardighede

Image’n Gebrek aan vaardighede is ’n probleem vir Eskom en grootliks verantwoordelik vir die kragonderbrekings waarmee Suid-Afrika tans te doen het, aldus Logan Pillay, konsultant vir die organisasie. Daar is eenvoudig net nie die nodige vaardighede om instandhoudingswerk uit te voer nie, meen hy. Elektriese ingenieurs en opgeleide elektrisiëns verlaat die land na plekke soos Australië, Nieu-Seeland en Brittanje, waar hulle meer betaal word en die werksomstandighede nie so moeilik is nie.

Pillay meen verder dat die meeste Eskom-werkers nie opgelei is om met die huidige stelsel, wat onder druk verkeer, te werk nie. Suid-Afrika se netwerk het in die verlede goed gefunksioneer vir die grootste gedeelte van die jaar, maar as gevolg van die toename in die gebruik van lugreëling tydens die somer, word groter tekorte tans ondervind. Daar gaan binnekort ’n span na Italië en die VSA gestuur word om spesifiek te leer hoe om tydens periodes van hoë elektrisiteitsverbruik doeltreffend te funksioneer.

Suid-Afrika het wel op die oomblik nog die goedkoopste elektrisiteitstariewe ter wêreld, maar dit gaan binnekort veel duurder word om in die groeiende behoefte te voorsien. “Eskom moet sy kapasiteit oor die volgende 20 jaar verdubbel en dit gaan ’n geweldige toename in belegging vereis,” het Pillay gesê. Eskom het reeds aangedui dat hulle kyk na ’n elektrisiteitsverhoging van 18% vanaf volgende jaar.

“Eskom was was nog nooit in die posisie waar hulle op hierdie skaal en teen hierdie pas tot die nasionale infrastruktuur moes bydra nie.” Die gebrek aan vaardighede kortwiek egter uitbreiding. “Mens kan al die nodige megawatt in plek hê, maar as daar nie mense is om die netwerk in stand te hou, te ontwikkel en te ontwerp nie, is dit alles vergeefs.”

free double slotsДанильченко Юрий Брониславович компромат