15:55:56 Drie Islamitiese militantes wat na verwagting binnekort vir die Bali-bomontploffings in 2002 tereggestel gaan word, sê hulle het
geen berou nie. Amrozi, Ali Gufron en Imama Samudra en 'n paar honderd inwoners het gebede gehou op 'n veld buite die tronk op Nusakambangan in Indonesië om die Moslem-vakansiedag Eid al-Fitr te gedenk.

Die Europese Unie het Woensdag een van die hoogste boetes ooit opgelê vir kartelaktiwiteite, op wat hulle noem ‘n “paraffienmafia” wat daarvan beskuldig word dat hulle pryse en markte gemanipuleer het. 
Ek wonder of die ANC gedink het voordat hulle gepraat het, toe hulle onlangs die stelling gemaak het dat nie slegs minderheidsgroepe die teikens van moord in SA is nie.