Die erkenning van die minister van verdediging, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, dat die nasionale weermag nie voorbereid was en nie verwag het dat die rebelle hulle sou aanval in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) nie, bevestig dat die regering die weermag in die steek gelaat het. Hierdeur erken die minister dat daar nie genoegsame ondersteuning was nie
Kony-losprys aangekondig vir SAR
Die Australiese koerant Herald Sun berig dat enige iemand met inligting oor Joseph Kony en twee van sy luitenante – Dominic Ongwen en Okot Odhiambo – sowel as Sylvestre Mudacumura, die leier van die Demokratiese Magte vir die Bevryding van Rwanda, ‘n beloning van $5 miljoen van die VSA kan opeis. Die verklaring kom ‘n
Zille stort krokodiltrane oor SAR
Die besluit om Suid-Afrikaanse soldate uit die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) te onttrek, is Donderdag deur die DA verwelkom. “Dit is veral goeie nuus vir die familie en vriende van soldate wat in die SAR gestasioneer is, wat die laaste week in buitengewone gevaar was, en wat 13 van hulle mense in die stryd verloor het,”
Die neokoloniale spel in SAR op dreef
Die felheid waarmee opposisielede van COPE en die DA president Zuma se optrede in die Sentraal-Afrikaanse Republiek veroordeel, laat ‘n mens wonder of hulle werklik verstaan wat daar afspeel. Die ander moontlikheid is dat hulle besonder goed ingelig is oor die optrede van ene Jack Grynberg, ‘n Amerikaanse oliemagnaat in die SAR. Grynberg het onlangs
ANC-minister is moeg vir apartheid-verskoning
Dit het tyd geword vir die regering om verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar, het die minister in die presidensie, Trevor Manuel, Woensdag gesê. “Ons [regering] kan nie meer aanhou sê dis apartheid se skuld nie,” het Manuel aan joernaliste by die regering se leierskapsforum in Pretoria gesê. “Ons moet elke oggend opstaan en besef
Boer in plaasaanval gewond
‘n Boer van Vredefort is gewond in ‘n bakleiery met twee gewapende rowers op sy plaas, het die polisie in die Vrystaat Woensdag gesê. Konst. Peter Kareli het gesê die 61-jarige Andries Cox was by sy vee op die plaas Middelerf toe hy Woensdag omstreeks 03:30 deur twee gewapende mans gedreig is. Kareli het gesê
Nederland onder water
Nederland, Berlyn se belangrikste bondgenoot vir groter begrotingsdissipline in Europa, staar self ‘n ekonomiese krisis in die gesig. Die eens voorbeeldige ekonomie is in skuld gedompel weens ‘n gebarste eiendomsborrel. Baie huiseienaars is “onder water” weens negatiewe eiendomsgroei. Die ekonomiese nuus uit Nederland klink tans soos dié uit die suidelike lande van die EU. “Onderwater”
SANW omsingel SAR in afwagting op samesprekinge in Tsjad
Suid-Afrika het nog versterkings en wapens noord geskuif na die grense van die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR), het Beeld berig. Vegvliegtuie en gevegshelikopters is ook in die SAR se buurstate ontplooi. Militêre bronne het egter gesê verslae dat Suid-Afrikaanse troepe in Uganda en die Demokratiese Republiek van die Kongo saamtrek, is nie geloofwaardig nie. “Daar is
Lees verder: SANW omsingel SAR in afwagting op samesprekinge in Tsjad
Verdagtes in rugbymoord steeds nie vas
Die DA sê die polisie moet verduidelik waarom vyf mans wat daarvan verdink word dat hulle verlede naweek ‘n Engelse rugbyondersteuner by Kingspark in Durban doodgeslaan het, nog nie in hegtenis geneem is nie. ‘n Agt-en-twintigjarige Britse oud-seesoldaat, Brett Williams, is op die stadion se buiteveld dood nadat hy geskop en aangerand is ten aanskoue
Drie wat miljoene van munisipaliteit steel kry borg
Drie van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle miljoene by ‘n munisipaliteit in Mpumalanga gesteel het, is Dinsdag op borgtog vrygelaat, het die Valke gesê. Die drie mans het in die Secunda-landdroshof verskyn en is op borgtog van R15 000 elk vrygelaat. Al vier sal weer saam op 21 Mei verskyn, het
Lees verder: Drie wat miljoene van munisipaliteit steel kry borg
