Waar was SA se militêre intel?

Die erkenning van die minister van verdediging, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, dat die nasionale weermag nie voorbereid was en nie verwag het dat die rebelle hulle sou aanval in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) nie, bevestig dat die regering die weermag in die steek gelaat het.

Hierdeur erken die minister dat daar nie genoegsame ondersteuning was nie en in besonder nie voldoende inligtingsondersteuning vir die troepe in die SAR nie.

Ernstige vrae moet nou gevra word aangaande die bevoegdheid van Militêre Inligting (MI) wat nie inligting kon verskaf om die situasie te voorkom nie.

Een daarvan is hoe dit gebeur het dat die minister en pres. Jacob Zuma verkeerdelik ingelig is voordat besluit is om troepe na die SAR te stuur.

Die inligting was duidelik nie akkuraat nie en daarvoor behoort MI die verantwoordelikheid te neem.

Daar behoort nou ‘n ondersoek gedoen te word oor hoekom MI in hierdie geval gefaal het en nie sy plig na behore uitgevoer het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae