Twee myners nog vas

Die soektog na twee mynwerkers, wat ondergronds vasgekeer is, duur steeds voort nadat seismiese skokgolwe Goldfields se Driefontein-myn geruk het. “Ons maak stadige maar goeie vordering,” het die Julian Gwillim, die maatskappy se woordvoerder, gesê. Teen 19:00 Maandagaand was reddingswerkers steeds sowat 2.5km ondergronds besig om rotsstukke te skuif. Twee van die drie mense wat

Lees verder: Twee myners nog vas

Woedende skare steek DA onder klippe

Brandende versperrings het DA-leier Helen Zille gister begroet noord van Pretoria toe sy Mabopane en Slovoville, Winterveld, besoek het om met inwoners oor diensleweringsprobleme te praat. Polisieversterkings moes ingeroep word nadat Zille en haar adjudante onder klippe gesteek is. Solly Msimanga, ‘n Gautengse DA-verteenwoordiger moes steke kry nadat hy deur ‘n klip getref is. Die

Lees verder: Woedende skare steek DA onder klippe

Inwoners slaan rower dood

‘n Groep inwoners het die gereg in eie hande geneem en ‘n vermeende rower in Polokwane doodgeslaan, het die polisie Maandag bekend gemaak. Volgens insp. Lesiba Ramoshaba, polisiewoordvoerder, is die man en twee medepligtiges Sondagoggend vasgetrek terwyl hulle besig was om by ‘n huis op die Tweefontein-hoewes in te breek. “Toe die mans besef dat

Lees verder: Inwoners slaan rower dood

Duitse bomdreiger kry borg

Die hof het ‘n Duitse fotograaf, wat glo verantwoordelik was vir die chaos kort voor die finale loting vir die 2010-wêreldbekertoernooi, Maandag op borgtog van R5 000 vrygelaat. Bernd Fischer (68) staar verskeie aanklagte in die gesig nadat hy Vrydag ‘n bomdreigement by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gemaak het. Fischer het glo beweer dat hy

Lees verder: Duitse bomdreiger kry borg

Vliegtuig by George raak pad byster

‘n Airlinkvliegtuig was Maandagoggend  in ‘n ongeluk betrokke ná dit vermoedelik die landingstrook op die George-lughawe in nat weer gemis het. Al 30 passasiers en drie bemanningslede is ongedeerd. Die voorval het omstreeks 11:06 Maandagoggend plaasgevind. News24 berig dat SA Airlink die “voorval” bevestig het waarin vlug SA 8625 uit Kaapstad tydens sy landing by

Lees verder: Vliegtuig by George raak pad byster

Treine bots, 100 beseer en 1 dood

Meer as ‘n 100 mense is beseer en een oorlede nadat twee treine Maandagmiddag in Boskop buite Potchefstroom in ‘n botsing betrokke was. Die oorledene was glo swanger. Volgens Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, is meeste van die beseerdes kleuters en tieners. ‘n Mobiele kliniek is op die toneel opgeslaan om die beseerdes te behandel. Viwe Mlenzana,

Lees verder: Treine bots, 100 beseer en 1 dood

Anti-terreurspesialiste gaan sokkerspelers oppas

Verskeie lande wat aan die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi gaan deelneem, sal privaatveiligheidsfirmas betaal vir beskerming, het die Pretoria News berig. Dié firmas, wat oorlogspesialiste uit Irak en Afganistan in hul diens het, sal gebruik word om die spelers en amptenare te beskerm. Bronne in die private sekuriteitsbedryf, het gesê sokkerverenigings in Europa én Suid-Amerika het reeds

Lees verder: Anti-terreurspesialiste gaan sokkerspelers oppas

Zuma gas by bulslagting

President Jacob Zuma was Saterdag in Nongoma, KwaZulu-Natal, waar duisende mense die ritueel ter ere van koning Goodwill Zwelithini aanskou het. ’n Bul is deur 30 Zoeloekrygers, tussen die ouderdomme van 16 en 19 jaar, met hul kaal hande doodgemaak. Die ritueel was deel van die Ukheshwama-oesfees by die Nyokeni-paleis, een van die wonings van

Lees verder: Zuma gas by bulslagting