Die silwer randjie om die donker wolk van die internasionale finansiële krisis, is dat Swart Ekonomiese Bemagtigingsbeleggers hard teruggebring is aarde toe.
Geldchaos bring SEB onder skoot
Die silwer randjie om die donker wolk van die internasionale finansiële krisis, is dat Swart Ekonomiese Bemagtigingsbeleggers hard teruggebring is aarde toe.

08:17:57 Dis interessant dat die Afrika-, Karibiese- en Stille-Oseaanlande nou skielik moet bekommerd raak oor die feit dat die wêreldmarkte ‘n stukkie grondpad met baie slaggate getref het. Die feit dat die AKS-lande nou skielik ‘n beraad gehad het om die verswakking in die markte oorsee te bespreek – en dan natuurlik die gevolge van die ekonomiese krisis op die betrokke lande self – wys weer net een ding: hulle bekommernis oor hulself, terwyl hulle nie ‘n vinger wil lig om iets aan hul eie heil te verander nie. Immer die martelaars.