Geldchaos bring SEB onder skoot

Die silwer randjie om die donker wolk van die internasionale finansiële krisis, is dat Swart Ekonomiese Bemagtigingsbeleggers hard teruggebring is aarde toe.

Dié handjievol elite miljardêrs het gesamentlik miljarde rande in ekwiteit verloor in onstuimige verwikkelinge op die wêreld se effektebeurse. Die Ramaphosas en Motsepes van hierdie wêreld moes uiteindelik op die harde manier leer dat politieke verbintenisse kitsfortuine kon besorg maar die behoud daarvan nie kan waarborg nie.

Voorts wys finansiële deskundiges uit dat SEB-magnate dit nou baie moeiliker sal vind om derde-partyfinansiering te lok. SEB is 'n luukse wat selfs die rykste lande kwalik sou kon bekostig. Voorheen het banke met oop hande na SEB-bevoorregtes gevry, maar die onstuimigheid in die markte laat hulle nou skugter om lenings aan dié kaders beskikbaar te stel.

Die SEB-ellende eindig ook nie daar nie. Baie van hulle is tot hulle kroontjies toe in skuld, wat hulle ondernemings se aandelepryse nog meer onder druk plaas.

Van die hoëprofielmaatskappye met 'n beduidende SEB-komponent wat deurgeloop het, sluit Imperial, MTN, Barloworld, SASOL en Ou Mutual in.

Toekomstige SEB-transaksies huiwer by die afgrond want banke soos ABSA, Nedbank en Standard Bank is nou huiwerig om dié lenings toe te staan indien dit nie verseker word deur derde partye nie.

Die sakewêreld wag nou om te sien met watter beslistheid iemand soos Suid-Afrika se eie Meneer Apprentice, Tokyo Sexwale, die krisis gaan hanteer. Miskien hét sy versetverlede hom voorberei om die katastrofe te bestuur. Maar niemand hou asem op nie.

медсправка 086 уДанильченео

Maak 'n opvolg-bydrae