Springbok moet weg!

Gedurende 'n Nasionale Sportindaba wat in Durban gehou word, het die Springbokembleem weer onder skoot gekom. Butana Komphela het aan afgevaardigdes gesê dat die Springbok mense verdeel en 'n nasionale embleem moet mense verenig. Daar kan geen debat oor die saak wees nie, het hy gesê.

Komphela aan die minister gesê hy moet oplet hoe die Springbokwapen die arrogansie van witmense uitbeeld. Baie van die deelnemers by die Indaba het tydens hulle spreekbeurte gevra dat die embleem geskrap moet word.

Minister van Sport, Makhenkesi Stofile, het egter gesê dit is nie 'n kwessie van lewe en dood nie. Hy voel daar moet net een embleem wees wat alle sportliggame kan dra.

Komphela sê die Haaie se versuim om "Say no to racism" op hulle truie geborg deur Mr Price aan te bring, is niks anders as "blatante rassisme" nie.

SARU se uitvoerende beampte, Johan Prinsloo, sê hy kon nie deelneem aan die debat nie omdat die kwessie van die Springbokembleem nie op die agenda verskyn het nie en hy nie afgevaardig was om dit te bespreek nie.

Die ministerie van Sport wil 'n geïntegreerde nasionale strategie ontwikkel om sport te bevorder.

Люстры с пультомtopcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae