Sy sê geen papierwerk kon ongelukkig nie gedoen word nie. Die lisensiëring van motorvoertuie en registrasie is tot verdere kennisgewing nie moontlik nie. Die kabels wat die hele stelsel verbind, is beskadig.
Hoofsuperintendent Wayne Minnaar het later gesê die beskadigde kabels het ook die Soweto-stelsel omver gewerp. Minnaar sê motoriste wat die hernuwing van hulle lisensies tot die laaste dag gelaat het en gevolglik beboet is, kan weens die foutiewe kabels, vertoë rig. Hy sê dit is nie duidelik wanneer die stelsel weer in werking gaan kom nie, want hulle is in die hande van die mense wat die herstelwerk moet doen.
