Malema het op 'n mediakonferensie in Johannesburg gepraat, 'n dag nadat voormalige minister van Verdediging, Mosiuoa Lekota, die moontlikheid genoem het van 'n nuwe politieke party wat miskien die 2009 algemene verkiesing gaan takel.
Malema sê ondersteuners van die ANC sal nooit vir dié party of enige ander party stem nie omdat hulle glad nie stem as hulle kwaad is nie.
Oor die feit dat Lekota versuim het om 'n geskeduleerde vergadering met die ANC se nasionale uitvoerende komitee by te woon, het Malema gesê dat dit arrogant en oneerbiedig teenoor die ANC-leierskap is.
