Tien aangehou weens openbare geweld in Sharpeville

Tien mense is Donderdag gearresteer vir openbare geweld in Sharpeville naby Vereeniging, het Gautengse polisie gesê. Konstabel Edwin Ntsheo het gesê omtrent 150 mense het paaie afgesper met brandende bande en sekuriteitsamptenare, bekend as die Rooimiere, aangeval. Die Rooimiere was besig om onwettige inwoners van HOP huise in die Sharpeville Tshepisong fase 4 ontwikkeling uit

Lees verder: Tien aangehou weens openbare geweld in Sharpeville

Finale kieserregistrasie op 7 en 8 Februarie

Meer as 19 000 kiesserstasies sal landswyd oop wees oor die naweek van 7 en 8 Februarie vir die finale kiesersregistrasie, het die onafhanklike verkiesingskommissie Donderdag aangekondig. "Dit sal die laaste naweek wees waarop kiesers kan registreer vir die 2009 nasionale en provinsiale verkiesings," het die OVK se voorsitter, Brigalia Bam, in 'n verklaring gesê.

Lees verder: Finale kieserregistrasie op 7 en 8 Februarie

Kabila se besluit om na Rwanda te vry het Kongolese woedend

President Joseph Kabila se besluit om Rwandese soldate toe te laat in die ooste van die Kongo om deel te neem aan 'n gesamentlike militêre operasie om van gewapende milisie ontslae te raak het woede en onsekerheid regoor die land laat ontstaan. Dié besluit het die laerhuis se speaker, Vital Kamerhe, woedend gelaat. Kamerhe het

Lees verder: Kabila se besluit om na Rwanda te vry het Kongolese woedend

Sikloon in Madagaskar laat duisende dakloos

'n Sterk sikloon wat die weskus van Madagaskar getref het, het 3 mense dood en amper 3000 dakloos gelaat, het amptenare Donderdag gesê. Sikloon Ranele het die Morondavadistrik Woensdag getref met swaar reën en wind van tot 210 km per uur. Dit het reuse bome ontwortel, huise platgevee en groot gebiede onder water gelaat, het

Lees verder: Sikloon in Madagaskar laat duisende dakloos

Weskaap beraam vloedskade

Die munisipaliteit van Kaap Agulhas was Dinsdag besig om die skade te assesseer  wat deur die oornag fratsvloede veroorsaak is in die Kaap Agulhas en Struisbaai omgewings. Burgemeester Richard Mitchell het gesê skoonmaakpogings is aan die gang. 'n Span rampbeheerbeamptes is gestuur om die skade in die dorp te kom bepaal. Swaar reën het baie

Lees verder: Weskaap beraam vloedskade

Amerikaanse Nazi’s ‘neem ‘n snelweg aan’

'n Eenheid van die Nasionale Sosialiste Beweging, 'n Nazigroep het 'n snelweg naby Springfield aangeneem as deel van die staat se teen-rommelstrooiingsprogram. Die groep is verantwoordelik vir 'n halfmyl stuk van Snelweg 160 wat net binne die stadsgrense is. Groepe wat snelweë aanneem is verantwoordelik om die stroke langs die pad skoon te hou. Die

Lees verder: Amerikaanse Nazi’s ‘neem ‘n snelweg aan’

Franse Moslems weier om te veg in Afghanistan

Verskeie Moslemsoldate het geweier om in Afghanistan te veg deur hulle godsdiens voor te hou, volgens die woernaal, “Secret Defense,” soos bevestig deur die Franse Leër. Hierdie is jong Moslems wat nie ander Moslems in Afghanistan wil beveg nie, skryf Libération se joernalis, Jean-Dominique Merchet. “Die weiering om weens geloofsredes op 'n sending te gaan,

Lees verder: Franse Moslems weier om te veg in Afghanistan

Waarom Amerika se ‘halfbloedprins’ nie die w?reld gaan red nie, deel 1

ImageDie stortvloed internasionale gelukwensinge wat op eergister se inhuldiging van Barack Obama as Amerikaanse president gevolg het, is deur slegs twee vals note bederf. Die eerste was Wallstraat wat nie die euforie van die twee miljoen mense op die Washingtonplein tussen die staatsgeboue gedeel het nie en gedaal het.

Die tweede was die kommentaar van die Russiese eerste minister, Wladimir Poetin, wat opgemerk het dat hy "daarvan diep oortuig is dat die grootste teleurstellings uit grootse hoop voortspruit".

ImageDie stortvloed internasionale gelukwensinge wat op eergister se inhuldiging van Barack Obama as Amerikaanse president gevolg het, is deur slegs twee vals note bederf. Die eerste was Wallstraat wat nie die euforie van die twee miljoen mense op die Washingtonplein tussen die staatsgeboue gedeel het nie en gedaal het.

Die tweede was die kommentaar van die Russiese eerste minister, Wladimir Poetin, wat opgemerk het dat hy "daarvan diep oortuig is dat die grootste teleurstellings uit grootse hoop voortspruit".

Lees verder: Waarom Amerika se ‘halfbloedprins’ nie die w?reld gaan red nie, deel 1

Dodetal in Mosambiek styg weens cholera

Ten minste 13 mense is dood aan cholera in die Teteprovinsie wat aan Zimbabwe grens, in die noordweste van Mosambiek. Dit bring die aantal sterftes te staan op 84 sedert die siekte in die buurstaat uitgebreek en versprei het. Sterftes is in die distrikte van Moatize, Changa en Tete aangemeld en 'n 1000 mense het

Lees verder: Dodetal in Mosambiek styg weens cholera

Ons betaal nou almal die prys vir NP-oorgawe

Image

FW de Klerk

Op die briewe van Petrus van Eeden en JK Bosch sê ek net ja en amen. Dit is waar en dis ook so dat die ja-broers van die '92-referendum en die NP-regering van daardie tyd net sowel kon ontbind het en die mag net so oorgee aan die ANC, want dis wat hulle besig was om te doen.

Image

FW de Klerk

Op die briewe van Petrus van Eeden en JK Bosch sê ek net ja en amen. Dit is waar en dis ook so dat die ja-broers van die '92-referendum en die NP-regering van daardie tyd net sowel kon ontbind het en die mag net so oorgee aan die ANC, want dis wat hulle besig was om te doen.

Lees verder: Ons betaal nou almal die prys vir NP-oorgawe