Die dodetal in die Oos-Kaap se somerbesnydenisseisoen het na 23 gestyg nadat nog twee swart seuns Maandag en oor die naweek gesterf het, het die provinsie se departement van gesondheid gesê. Die eerste seun is oor die naweek by ‘n inisiasieskool in Maluti naby Matatiele dood, terwyl die ander een Maandagmiddag in Lubisi in Enqcobo
Brug gee mee, 2 beseer
Twee mense is beseer nadat ’n brug in Kanyamazane weens vloedwaters meegegee het, het die departement van vervoer in Mpumalanga gesê. David Nkambule, ‘n woordvoerder van die departement, het gesê die brug het Sondagoggend inmekaar begin sak en weggespoel terwyl mense daaroor gery het. “Gelukkig is niemand dood nie. Die twee mense wat tydens die
Eurostar staan
Die Eurostartreinstelsel is vir ‘n onbekende tydperk gestaak. Die treinstelsel is die enigste spoorskakel tussen die Verenigde Koninkryk en Europa. Eurostar het in ‘n verklaring gesê die treine word opgegradeer en dat meer toetse vir Maandag beplan word. ‘n Woordvoerder het gesê sy weet nie wanneer die treine weer sal loop nie. Meer as 2
Malawi vra hulp
Rampbestuurbeamptes in Malawi het ‘n oproep om internasionale hulp gedoen, nadat ‘n kragtige aardbewing ten minste drie mense gedood en duisende huise beskadig het. Lilian Mg’Oma, Kommissaris vir Rampbestuur, het gesê die huidige situasie in Malawi is behoewend en hartseer, met duisende huise wat onbewoonbaar is, ná Sondag se aardbewing wat 6 op die Richterskaal
Hoe ry die trein…
Oom Sarel was ‘n treindrywer uit die ou dae toe daar nog meer treine as soustreine te siene was. Nou, afgetree, bou hy en ‘n destydse kollega nostalgies modelle van die treine van destyds. Dis egter die staaltjies van toet wat fassineer, en meestal verlore sal gaan want oom Sarel se hande staan vir niks
Joernalis of politieke ideoloog?
Die joernalis Leopoldt Scholtz van Media24 se poging om denke te manipuleer deur goed georgestreerde en subtiele verdraaings van feite deur woordkeuses in die Burger en Rapport, het nie ongesiens verby gegaan nie. Scholtz trek duidelik paralelle tussen die Nazi’s se moordsuiweringsideologie en apartheid. Laasgenoemde was natuurlik eerder die teenpool van die Nazi-ideaal aangesien swartes
Dokumente is vervals sê Ahmadinejad
Iran se president het die onthulling dat sy land besig is met die ontwikkeling van ‘n sleutelkomponent vir ‘n kernbom, as ‘n vervalsing wat deur die VSA se regering geskep is, afgemaak. In ‘n ekslusiewe onderhoud met ABC News se Diane Sawyer, het president Mahmoud Ahmadinejad geweier om na ‘n kopie van die vermeende dokument
Tata Indica Vista maak stewige indruk
Hoor ‘n mens die woord Tata en motor in een sin dan begin almal te lag. “Tatta” is nou meer eenmaal ‘n kinderlike en gemeensame woord in Afrikaans wat kwalik met motors geassosieer word. Die Indiese reus van ‘n motorvervaardiger doen al amper 60 jaar sake, maar plaaslik is Tata eers sowat enkele jare gelede
München?
{jathumbnail off} насосы для воды самовсасывающие ценаАлександр Фильчаков Васильевич
Vrou by winkelsentrum geskiet
‘n 44-jarige vrou is Sondag in ‘n skiet-voorval in Kenilworth, Kaapstad, beseer, het paramedici gesê. Volgens ER24 woordvoerder Tristan Wadely was die vrou rondom 14:45 by die Kenilworth winkelsentrum geskiet. Die vrou was in ‘n ernstige toestand en is na die Vincent Pallotti hospitaal geneem, het Wadely gesê. ‘n 17-jarige meisie is ook na die
