Eurostar staan

Die Eurostartreinstelsel is vir ‘n onbekende tydperk gestaak.

Die treinstelsel is die enigste spoorskakel tussen die Verenigde Koninkryk en Europa.

Eurostar het in ‘n verklaring gesê die treine word opgegradeer en dat meer toetse vir Maandag beplan word.

‘n Woordvoerder het gesê sy weet nie wanneer die treine weer sal loop nie.

Meer as 2 000 passasiers is verlede Vrydag in Eurostar se tonnels vasgekeer toe vyf treine weens tegniese probleme onder die see gaan staan het.

Die treindiens is sedertdien gestaak. Sowat 55 000 passasiers se reisplanne word tans daardeur geraak.

Van die passasiers is Vrydag vir meer as 15 ure ondergronds vasgekeer sonder kos of water.

Eurostar het gesê die treine sal nie weer loop voor die probleme opgelos is nie.

 

гидроаккумулятор 24 л ценаФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae