Malawi vra hulp

Rampbestuurbeamptes in Malawi het ‘n oproep om internasionale hulp gedoen, nadat ‘n kragtige aardbewing ten minste drie mense gedood en duisende huise beskadig het.

Lilian Mg’Oma, Kommissaris vir Rampbestuur, het gesê die huidige situasie in Malawi is behoewend en hartseer, met duisende huise wat onbewoonbaar is, ná Sondag se aardbewing wat 6 op die Richterskaal gemeet het.

Malawi se Rooikruis Vereniging en Ng’Oma se departement het tente voorsien, maar volgens Gasten Macheka, ‘n plaaslike beampte, word daar nog baie meer tente benodig.

Macheka het gesê altesaam 1 111 huise is deur die aarbewing beskadig, met 3 565 wat deur ineenstorting verwoes is.

Drie mense is sover dood en 200 beseer.

 

play fruit machines online freeФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae