Vrou by winkelsentrum geskiet

‘n 44-jarige vrou is Sondag in ‘n skiet-voorval in Kenilworth, Kaapstad, beseer, het paramedici gesê.

Volgens ER24 woordvoerder Tristan Wadely was die vrou rondom 14:45 by die Kenilworth winkelsentrum geskiet.

Die vrou was in ‘n ernstige toestand en is na die Vincent Pallotti hospitaal geneem, het Wadely gesê.

‘n 17-jarige meisie is ook na die voorval na die hospitaal geneem.

Sy is glo behandel vir ‘n mediese toestand waaraan sy voor die skietery gely het, maar daar word vermoed dat haar toestand vererger is deur die voorval.

Hy wou nie uitbrei oor waar die vrou geskiet is of waaraan die meisie ly nie.

Volgens hom is die besonderhede rondom die voorval nie bekend aan die paramedici nie.

“Mediese werkers het gesê dat hulle nog geweerskote gehoor het terwyl hulle op die toneel gewerk het,” het hy gesê.

 

грузовойtopcargo отзывы