Inisiasieskool eis nog 2 lewens

Die dodetal in die Oos-Kaap se somerbesnydenisseisoen het na 23 gestyg nadat nog twee swart seuns Maandag en oor die naweek gesterf het, het die provinsie se departement van gesondheid gesê.

Die eerste seun is oor die naweek by ‘n inisiasieskool in Maluti naby Matatiele dood, terwyl die ander een Maandagmiddag in Lubisi in Enqcobo gesterf het, het woordvoerder Sizwe Kupelo gesê.

“Ons weet nie wat met die seun in Lubisi geur het nie, hy het net by die inisiasieskool uitgehardloop en is dood aangetref deur ander jong seuns en versorgers wat agter hom aangehardloop het,” het Kupelo gesê.

‘n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die oorsaak van die dood te bepaal.

Kupelo het wel bevestig dat die inisiasieskool wettig is.

Die ander seun se dood is Maandagoggend aan die departement bekendgemaak nadat hy oor die naweek gesterf het.

Dit was nog nie bekend of die inisiasieskool wettig was nie.

“Ons ondersoek die oorsaak van die dood en of die skool wettig of onwettig is,” het hy gesê.

Die getal swart seuns wat sedert die begin van die jaar by inisiasieskole in die Oos-Kaap gesterf het, is reeds 80.

 

недорогие печи для баниДанильченко Юрий отзывы