Beide Anton Barnard en Gustav Venter se mees onlangse bydraes tot hierdie webkoerant het my weereens laat besin oor die ondraaglike situasie waarin ons verkeer. Terwyl Barnard die swarte se onvermoë om te beplan korrek opsom, is ek bevrees dat Venter se verklaring van die Afrikaners se sportbeswyming en ons gevolglike gebrek aan aksie ook enorme waarheid inhou.
Geruime tyd al verlekker ek my in sportkwotas en die Bantoe-burokratisering van ons sport. Dit het by my die hoop laat ontstaan dat die dopamienbeswyming waarvan Venter skryf ten einde sou loop. Nogtans merk ek op hoeveel Afrikaners geskok is wanneer ek die hoop uitspreek dat die Springbokke hierdie en daardie wedstryde verloor. Miskien moet dit nog slegter gaan en miskien moet al die spelers swart wees… Maar kan ons nog meer foltering verduur? Wil ons?
