Saterdag skree ons vir die Bokke

Ag, nee. Wat 'n teleurstelling om Gustav Venter se rubriek te lees waarin hy rugby probeer afkraak! So asof ons nie almal een of ander tyd wil lekker voel oor 'n span wat wen nie, is dit nou 'n sonde om iets positiefs te geniet. Ek dink al die Afrikaners hou duimvas dat die Bokke die Engelse die komende naweek goed opdinges.
Die kaptein van die Springbokke is wel Engels, maar hy is nie een van daardie windgat Engelse nie. Seker omdat hy weet dat die belangrikste spelers in sy span Afrikaners is. Die ruggraat van hierdie wenspan is manne soos Pierre Steyn, Bakkies Botha, Fourie du Preez. Om nie van Os en die res te praat nie. Venter sien nie die talent raak nie, hy sien net wat die ANC se massamedia mense voer.

As Habana sierlik oorduik vir 'n wendrie en al die persmanne dit aangryp vir voorbladmateriaal, weet ons Afrikaners mos hoekom hulle dit doen. Want Habana is nie wit nie. Geen sportskrywer sal dieselfde mooi dinge oor Fourie du Preez skryf nie. Die ding wat Venter nie begryp nie, is dat almal deur die ou slenter gesien het van die ANC. Hulle probeer nou al hoe lank om swartes en bruines se prestasies op te hemel.

Die vraag is hoekom probeer hulle so hard om dit te doen? Dis eenvoudig: Daar is so bitter min prestasies. Kyk maar om jou en al wat te siene is, is verval. Dit kan almal sien. En almal weet die wengees binne die Springbokke kom uit die harte van die Afrikaners in die span. Saterdag gaan ek met my biltong en biertjie (Tafel) voor die kassie inskuif en op my heel hardste vir daardie wonderlike Hugenote skree.

полиграф стоимостьалександр лобановский супермаркет класс