Twee Pakistani’s wat daarvan verdink word dat hulle logistieke ondersteuning verleen het aan verlede jaar se terroriste-aanvalle in Moembaai, is in hegtenis geneem, berig die Italiaanse nuusagentskap ANSA. Polisiebronne sê die twee mans is Saterdag in hegtenis geneem. Die mans word daarvan verdink dat hulle ‘n geldoordragmaatskappy gebruik het om geld vir die aanvalle te
Obama se gewildheid nou onder 50%
Ondersteuning vir die VSA president, Barack Obama, het onder die meerderheid van 50% geval. Die navorsingsmaatskappy Gallup het Vrydag die resultate van ‘n meningspeiling bekendgemaak wat toon slegs 49% van Amerika is nou van mening dat die president goed in sy amp presteer. Volgens ‘n soortgelyke peiling deur Quinnipiac-universiteit verlede Woensdag dink 48% van Amerikaners
Die Christen-demokratiese boodskap uit Europa
Die Suid-Afrikaanse media het, moontlik voorspelbaar, die verkiesing van Herman van Rompuy as eerste vaste voorsitter, of te wel, president, van die Europese Raad grootliks verswyg. Dit is egter iets wat nie ‘n nietige verwikkeling is nie. Ironies, enkele jare gelede het Suid-Afrikaanse sendelinge in België gaan sendingwerk doen, synde geoordeel is dat België saam
Aardbewing laat mense kerk toe stroom
‘n Aardbewing het die aand van 4 Desember 1809 ‘n groot indruk op die mense van Kaapstad en omstreke gemaak. ‘n Skrikwekkende gerammel is plotseling gehoor “asof ‘n honderdtal waens in volle galop die straat opgery, of liewer, met die snelheid van die bliksem daaroor gevlieg het”, het ‘n ooggetuie gesê. Terselfdertyd het die Kapenaars
‘Goeie grondwet’ is ‘n mite
Dit het ‘n stereotipe geword dat die Suid-Afrikaanse grondwet (1996) “die beste ter wêreld is”. As iemand ‘n twyfelagtige ding kwyt raak en ‘n volgende én nog ‘n volgende persoon herhaal dit, ontstaan ‘n persepsie. ‘n Persepsie wat uitkring word ‘n stereotipe. ‘n Stereotipe is ‘n sosiale konstruksie met wye aanhang. Volgens sosiale wetenskaplikes is
Bulslagritueel ‘wreed’
Die diereregtegroep Animal Rights Africa, ARA, sal Dinsdag ‘n saak in die hooggeregshof in Pietermaritzburg maak in ‘n poging om die ‘wrede’ bulslagritueel, Ukweshwama, te keer. Michele Pickover, woordvoerder vir dié organisasie het Sondag gesê hulle het reeds ‘n prokureur gevra om namens die ARA op te tree. Ukweshwama sal deur Koning Goodwill Zwelithini op
Kommuniste vies vir Malema
Die Jong kommunisteliga van Suid-Afrika (YCLSA)wil met die ANC-jeugliga praat oor hul president, Julius Malema, se beledigings teenoor die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se algemene sekretaris, Jeremy Cronin. Hulle is “gewalg” oor die beledigings teenoor Cronin, wat ook die adjunkminister van vervoer is, het YCLSA-woordvoerder, Gugu Ndima, in ‘n verklaring gesê. In sy aanval op Cronin
Mussolini se bloed en harsings op eBay te koop
Die Italiaanse diktator, Benito Mussolini, se bloed en harsings is gister vir 15,000 euro’s te koop aangebied op die veilingwebwerf eBay, voordat die maatskappy die advertensie wat deur ‘n anonieme verkoper aangebied is, onttrek het. “Geen bod is ingedien in die kort tydjie wat die advertensie vertoon is nie,” sê eBay op hulle webblad, en
Regter gooi saak teen Miley Cyrus oor ‘skrefiesoë’ uit
‘n Los Angeles-regter het gister ‘n hofsaak teen Miley Cyrus, waarin die tienerikoon van diskriminasie aangekla is nadat sy afgeneem is waar sy “skrefiesoë” maak, uitgegooi. Lucie Kim het die ster van “Hannah Montana” in Februarie gedagvaar nadat ‘n foto opgeduik het van Cyrus en haar vriende waar hulle hulle oë skrefiestrek, vermoedelik om hulleself
Lees verder: Regter gooi saak teen Miley Cyrus oor ‘skrefiesoë’ uit
Obama se Amerika
{jathumbnail off} купить игрушки для детейтопкарго отзыв
