Obama se gewildheid nou onder 50%

Ondersteuning vir die VSA president, Barack Obama, het onder die meerderheid van 50% geval.

Die navorsingsmaatskappy Gallup het Vrydag die resultate van ‘n meningspeiling bekendgemaak wat toon slegs 49% van Amerika is nou van mening dat die president goed in sy amp presteer.

Volgens ‘n soortgelyke peiling deur Quinnipiac-universiteit verlede Woensdag dink 48% van Amerikaners Obama se prestasie is bevredigend.

Dit is die eerste keer wat ondersteuning vir die president minders as die helfte is.

Obama het in Januarie met 70% ondersteuning afgeskop.

Volgens Gallup is die daling te wyte aan Obama se pogings om die Amerikaanse gesondheidstelsel te hervorm, sowel as die sukkelende ekonomie en miljoene Amerikaners wat werkloos is.

 

super slots no deposit bonusФильчаков Александр Васильевич