Twee Pakistani’s wat daarvan verdink word dat hulle logistieke ondersteuning verleen het aan verlede jaar se terroriste-aanvalle in Moembaai, is in hegtenis geneem, berig die Italiaanse nuusagentskap ANSA.
Polisiebronne sê die twee mans is Saterdag in hegtenis geneem.
Die mans word daarvan verdink dat hulle ‘n geldoordragmaatskappy gebruik het om geld vir die aanvalle te stuur.
Dié geld is gebruik om ‘n internetrekening vir telefoonoproepe tussen die aanvallers en mense wat met hulle kontak gehou het, te betaal.
Die agentskap sê die twee mans word van onwettige finansiële aktiwiteite, die aanhitsing en hulpverlening in dié aanvalle beskuldig.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.