'n Kanadese Universiteitstudentevereniging het besluit om nie geld te skenk aan 'n liefdadigheid wat sistiese fibrose bestry nie. Die rede? Dié siekte tref hoofsaaklik blankes en is daarom nie "inklusief" genoeg om vir 'n skenking oorweeg te word nie. Boonop is dit 'n seksistiese siekte, volgens die studente, want dit tref omtrent uitsluitlik mans.
Studie toon koste van Vigs beleid in Suid-Afrika
'n Nuwe studie deur Harvardnavorsers skat dat die Suid-Afrikaanse regering die voortydige dood van 365 000 mens vroeër die dekade kon verhoed indien hulle anti-retrovirale middels aan Vigs pasiënte voorsien het, en middels voorsien het wat voorkom het dat swanger moeders die siekte aan hulle ongebore kinders oordra.
Lees verder: Studie toon koste van Vigs beleid in Suid-Afrika
Water in en om Musina toets negatief vir cholera
Waterbronne om Musina en Beitbrug in Limpopo het negatief getoets vir cholera, wat gediagnoseer is in meer as 200 mense, meestal Zimbabwiërs wat daar kom behandeling soek het, het beamptes van die departement van waterwese Woensdag gesê.
Lees verder: Water in en om Musina toets negatief vir cholera
Die tyd raak min
13:10:28 Soos volke 'n geskiedenis het, het tale en beskawings ook 'n geskiedenis. Die geskiedenis van beskawings gaan oor verowering en uitbreiding, dikwels deur aanslae op ander beskawings. Beskawings is die produk van hul geskiedenis, die som van inlywings en uitsluitings. Kennis van ons geskiedenis gaan nie soseer oor kennis van die verlede nie, maar oor insigte waarom ons vandag is wat ons is in morele, ekonomiese en intellektuele sin. Dis ons etniese psige. Dis ons geskiedenis wat inhoud aan daardie psige gee.Kaapse verkeersbeampte gearresteer vir korrupsie
'n Verkeersbeampte is een van vier mense wat Woensdag in Velddrift gearresteer is vir die onwettige uitreiking van leerlinglisensies en bestuurslisensies, het die Weskuspolisie gesê.
Lees verder: Kaapse verkeersbeampte gearresteer vir korrupsie
Niks meer Indiese troepe nie asseblief vra Kongo die VN
Die Kongolese regering het aan die VN-sekretaris geneaal Ban ki-Moon in 'n brief gevra om nie meer Indiese troepe te stuur as deel van die vredesmagte nie, volgens 'n brief wat Dinsdag aan AFP gelees is.
Lees verder: Niks meer Indiese troepe nie asseblief vra Kongo die VN
Cholera, Zimbabwe se nuwe uitvoerproduk!
Drie tente in die hospitaaltuine van Musina bevat die nuutste en onwelkome byproduk van Zimbabwe se verval, cholera.
Hippasus en die WNNR
Ons is gelukkig om in die moderne tyd te leef, nie waar nie? Ons is immers vry van bygelowe en belaglike vrese. Dit was nie altyd so nie. In antieke Griekeland was ene Hippasus die eerste om die bestaan van irrasionele getalle (byvoorbeeld pi of die vierkantswortel van 2) te bewys. Luidens die legende het Pythagoras-hulle egter dié kennis as so gevaarlik beskou dat hulle die arme Hippasus glo oorboord gegooi het en hom laat verdrink het.
Botswana kan aan Tsvangirai politieke asiel bied
09:31:27 Botswana se minister van buitelandse sake het Woensdag in 'n onderhoud gesê dat sy land bereid sal wees om Zimbabwe se opposisieleier toe te laat om daar te werk as leier in ballingskap.
Lees verder: Botswana kan aan Tsvangirai politieke asiel bied
Asiese immigrante in Brittanje verdubbel in ‘n jaar
Syfers wat deur die Europese Kommissie bekend gemaak is, toon 'n merkbare afname in immigrasie van Oos Europa, 'n daling van 205 000 na Brittanje in 2006 tot 185 000 in 2007.
Lees verder: Asiese immigrante in Brittanje verdubbel in ‘n jaar
