Die nuutste BBP-data van Dinsdag het bevestig dat Suid-Afrika se ekonomie gekrimp het vir die eerste keer in 10 jaar, wat die kanse vergroot dat die reserwebank die rentekoerse kan verlaag voor die volgende geskeduleerde vergadering in April.
Pistorius buite gevaar
Die lemnaeler, Oscar Pistorius, is in ‘n bevredigende toestand ná ‘n bootongeluk op die Vaalrivier verlede naweek, het Gautengse polisie Woensdag gesê.
Goudbedryf verloor sy glans
Goudproduksie in Suid-Afrika het in 2008 met 13,6% gedaal tot sy laagste vlak sedert 1922, het Suid-Afrika se kamer van mynwese Dinsdag gesê.
Nasatuig misluk
‘n NASA-satelliet wat koolstofdioksied in die aarde se atmosfeer moet opspoor het misluk om sy wentelbaan te bereik gedurende Dinsdag se lansering, en die $4 278 miljoen sending gekelder.
Span ondersoek breinvliesontstekingdood
‘n Uitbraakreaksiespan het Dinsdag ‘n skool in Senaone in Soweto besoek ná ‘n leerling dood is aan virale breinvliesontsteking, het die Gautengse departement van gesondheid gesê.
‘Verander klag teen taxibestuurder na moord’ – VF Plus
Die Vryheidsfront Plus het die Direkteur van Nasionale Vervolgings se Pretoria-kantoor versoek om die klag van strafbare manslag teen die taxibestuurder wat vir Bernadine Kruger se dood verantwoordelik is, na ‘n klag van moord te verander.
Lees verder: ‘Verander klag teen taxibestuurder na moord’ – VF Plus
Soweto-ma vir kinderverwaarlosing gevang
‘n 23-jarige ma van Soweto is gearresteer vir kinderverwaarlosing ná sy haar kinders gelos het om Johannesburg toe te gaan, het polisie Woensdag gesê.
Vrystaatse boer tronk toe oor ‘grafskending’
‘n Vrystaatse boer wat ‘n paar geforseer het om hulle baba se oorskot op te grawe is gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf, is Woensdag berig.
Ban besoek ‘n armer Afrika
Die VN-sekretarisgeneraal Ban Ki-Moen het ‘n negedaetoer van Afrika begin deur Dinsdag aan VN-personeel te vertel dat die wêreld se ekonomiese probleme nie hulle pogings om armoede te verlig, oorlog en die gevolge van klimaatsveranderinge in die wiele moet ry nie.
Stellenbosch aanvaar Engels
Studente by 3 fakulteite van Stellenboschuniversiteit, sal van volgende jaar af in staat wees om Engels as instruksiemedium te kies vir hulle eerstejaar. Die besluit om ‘n onderrigmodel te aanvaar wat voorsiening maak vir parallelmedium (Afrikaans en Engels) om ingestel te word by die fakulteite is geneem tydens ‘n spesiale vergadering van die universiteitsraad oor
