Oostenryk se ontslape regse leier word uit die kas gehelp

ImageOostenryk is geskud nadat dit bekend geraak het dat die regse politikus wat onlangs in 'n motorongeluk oorlede is, Jörg Haider, se navolger ook sy gay minnaar was.

Lees verder: Oostenryk se ontslape regse leier word uit die kas gehelp

Prinsipaal in Kaapstad geskiet

Die prinsipaal van 'n skool in Mitchells Plein in Kaapstad het met sy lewe daarvan afgekom toe hy tydens die etensuur deur 'n bende gewapende rowers 'n paar meter van die skoolgronde af, geskiet is. Leerlinge by die Lentegeur Hoërskool wat die voorval gesien het, het probeer om tot prinsipaal Aboebakr Frieslaar se hulp te kom, maar hulle het uitmekaar gespat toe die skote begin klap.

Lees verder: Prinsipaal in Kaapstad geskiet

Wapentransaksie se prys klim met meer as die helfte

Suid-Afrika se kontroversiële wapentransaksie kan nou meer as 47 miljard rand kos, byna 17 miljard meer as wat oorspronklik geskat is, het die departement van Verdediging onthul.

Lees verder: Wapentransaksie se prys klim met meer as die helfte

Ysland voel nou ekonomiese krisis

ImageYsland se ekonomiese krisis dreig nou om heelwat immigrante-arbeiders, meeste van hulle van Pole af, terug te laat gaan na hul tuistes. ‘n Aksie wat die eiland se ekonomie verder kan skade doen, het Ray Furlong van die BBC gesê.

Lees verder: Ysland voel nou ekonomiese krisis

Verkiesingsveldtog in Nieu-Seeland ‘rassisties’

Lede van ‘n minderheidsgroep van die Nieu-Seelandse regering het ‘n senior regeringsamptenaar van rassisme beskuldig nadat hy neerhalende opmerkings oor Asiese en Stille-Oseaan migrantewerkers gemaak het gedurende ‘n verkiesingsveldtog.

Lees verder: Verkiesingsveldtog in Nieu-Seeland ‘rassisties’