Brittanje se beroemde Tate Gallery het Donderdag tientalle beelde, sommiges wat naakte jong meisies uitbeeld van die bekende kunstenaar Graham Ovenden, van sy webwerf verwyder nadat die kunstenaar aan seksuele misdrywe teen kinders skuldig bevind is. Ovenden, 70, is Dinsdag skuldig bevind aan ses aanklagte van onsedelikheid teen minderjariges en een van onsedelike aanranding. Skilderye
Grondeise in Junie heropen
Die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, sê van die meer as 81000 grondeise wat landwyd ingedien is, is slegs 8 700 nog uitstaande. Nkwinti sê hoewel die oorblywende eise ingewikkeld is, is die gebrek aan vaardighede by staatsamptenare ook ‘n bydraende faktor tot die vertraging om die eise af te handel. Nkwinti
McBride mag ‘n moordenaar en misdadiger genoem word
Die Grondwethof het beslis dat Robert McBride wel ‘n moordenaar en misdadiger genoem mag word. Dit is ‘n slag vir nasionale eenheid, het die ANC in reaksie gesê. “Die beslissing deur die Grondwethof heropen die wonde van so baie mense wat hul families verloor het, verhoor, verban, aangehou, vermink en doodgemaak is,” het mnr. Gwede
Lees verder: McBride mag ‘n moordenaar en misdadiger genoem word
Woede omdat ‘aantreklikste ras’ wit is
Die Universiteit van Kaapstad se studentekoerant, Varsity News, is in die sop oor ‘n grafiek wat die “aantreklikste ras” as wit aandui. Die sirkeldiagram getiteld “UCT stem vir die aantreklikste ras”, gee ‘n keuse van wit, Indiër, bruin, Afrikaan, Asiaties en gemengde herkoms. Volgens die peiling dink die meeste studente (38%) dat wittes die mooiste
Voëlgriep eis vierde slagoffer
‘n Man is in Sjanghai dood nadat hy met ‘n nuwe stam van die voëlgriepvirus besmet is, het die staatsmedia Donderdag berig. Altesaam vier mense het nou al weens die H7N9-virus gesterf. Die 48-jarige pluimvee-werker, van die oostelike Jiangsu-provinsie, is die 11de mens wat ooit met die H7N9-virus besmet is sedert die eerste menslike gevalle
Pretoria moet self grafte grawe
Pretorianers moet self die grafte van hul afgestorwenes grawe, aangesien ‘n kontrak met die Tshwane-metroraad se grafgrawers verstrek het. Begrafnisondernemers het ontdek dat grafgrawers by al die Tshwane-metroraad se begraafplase reeds aan die einde van Maart hul gereedskap neergelê het, het The Times Donderdag berig. Dit beteken dat die begrafnisondernemers en die familie en vriende
Relletjie buite Spear-vandaal se verhoor
Ongeveer 60 mense het Donderdag buite die Hillbrowse landdroshof betoog voor die verskyning van ‘n man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n skildery gevandaliseer het. Die groep eis dat Louis Mabokela, wat aangekla is nadat hy verlede jaar die omstrede skildery The Spear in die Goodman-galery in Johannesburg beskadig het, vrygelaat word. “Louis yo
Regering sal SAR-dodetal ondersoek ná Franse berigte
Die regering sal internasionale berigte ondersoek wat die dodetal ná ‘n aanval op Suid-Afrikaanse soldate in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) in twyfel trek, het die minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane, Donderdag gesê. Volgens ‘n Franse nuusagentskap beweer rebelle dat die aantal Suid-Afrikaanse soldate wat in die stryd van Bangui dood is, tussen 36 en
Lees verder: Regering sal SAR-dodetal ondersoek ná Franse berigte
Waar was SA se militêre intel?
Die erkenning van die minister van verdediging, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, dat die nasionale weermag nie voorbereid was en nie verwag het dat die rebelle hulle sou aanval in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) nie, bevestig dat die regering die weermag in die steek gelaat het. Hierdeur erken die minister dat daar nie genoegsame ondersteuning was nie
Kony-losprys aangekondig vir SAR
Die Australiese koerant Herald Sun berig dat enige iemand met inligting oor Joseph Kony en twee van sy luitenante – Dominic Ongwen en Okot Odhiambo – sowel as Sylvestre Mudacumura, die leier van die Demokratiese Magte vir die Bevryding van Rwanda, ‘n beloning van $5 miljoen van die VSA kan opeis. Die verklaring kom ‘n
