Die Verenigde Nasies het die warmbloedige tangodans van Argentinië en Uruguay as deel van die wêreld se “ontasbare kulturele erfenis” verklaar, het diplomate van UNESCO Woensdag gesê. Die VN se kulturele organisasie is besig met ‘n vergadering van 400 kenners in Abu Dhabi waar hulle gaan besluit oor ‘n lys van wêreldkuns en tradisies wat
Kinderagtige geskel oor ras
Die klag van rassisme teen die Franse minister van binnelandse sake, Brice Hortefeux, het ‘n lang aanloop en is maar die puntjie van die politieke intrige-ysberg waarmee Frankryk gereeld te kampe het. Kennelik is die nuwe smeerveldtogtaktiek om enige mededinger met die rassismekwas by te kom. Voorheen was hoë amptenare se privaatheid heilig en enige
Stryd om demokrasie
{jathumbnail off} детский самокатДанильченко Юрий Брониславович компромат
Proe die Franse platteland
{jathumbnail off} ‘n Resep met net één vars bestandeel, smaaklik, kleurvol, eenvoudig, baie deftig en elegant. Kortom ‘n mondvol en eg Frans. Moenie volgende keer verby daardie bossie radyse in die groentewinkel of die boeremark loop nie. In daardie kraakvars pepersmakie van die nederige radys, lê die geheim van ‘n hele maaltyd opgesluit. Soek ‘n
Waterwese trap water
Suid-Afrika benodig meer as R70 miljard om sy infrastruktuur vir die verskaffing van water te verbeter, het Buyelwa Sonjica, minister van omgewingsake en waterwese, Dinsdag gesê. Sonjica het by die bekendstelling van die Maquassi Hills-watervoorsieningsprojek in die Noord-Wes gepraat. Sy sê vyf sulke projekte is in die afgelope drie jaar in dié provinsie van stapel
Zuma wil misdaad met geweld bekamp
President Jacob Zuma het polisielede regoor die land aangemoedig om alles in hulle vermoë te doen om misdaad te bekamp, al beteken dit dat hulle misdadigers moet doodskiet. Dit blyk dat Zuma ‘n vasberade benadering tenoor misdaad inneem, met die Wêreldbeker om die draai. Vrese bestaan dat 2010 geteister sal word deur kapings, moorde en
Tsoenami dreig in Nieu-Seeland
‘n Tsoenami wat veroorsaak is deur ’n aardbewing naby Samoa het talle dorpe op eilande in die Stille Oseaan verwoes. Verskeie dorpe is deur die tsoenami “weggevee” en talle mense word vermis, het ‘n verslaggewer vir Radio Polynesië aan Radio Nieu-Seeland berig. Die aardbewing het ongeveer 85 km onder die Stille Oseaan plaasgevind, het die
Zimbabwe se ‘nuwe boere’ stig veldbrande
Toenemende veldbrande ondermyn voedselproduksie in Zimbabwe. Die veldbrande word begin deur Mugabe se “nuwe boere”, op die onteiende plase van blankes. Mugabe se “nuwe boere” het reeds die afgelope maand sowat 46 000 hektaar landbougrond verwoes, omdat hulle veldbrande aansteek, wat dan handuit ruk. Zimbabwe het ook geen vermoë om veldbrande te blus nie. Verder
Franse minister in rassesaak
Die Franse minister van binnelandse sake, Brice Hortefeux, is gedagvaar om klagtes van rassisme te beantwoord. Dit spruit uit ‘n film waarin dit voorkom dat hy anti-Arabiese opmerkings gemaak het. Die MRAP anti-rassismegroep beskuldig Hortefeux van “rassistiese beledigings” oor ‘n video wat opgeneem is tydens die somerkongres van President Nicolas Sarkozy se regerende UMP-party, vroeër
Ontario vervolg tabakmaatskappye
Kanada se Ontario-provinsie het gister ‘n regsgeding teen ‘n groep tabakmaatskappye aanhangig gemaak om naastenby R400-miljard in tabakverwante gesondheidsorgonkonstes te herwin. Die eis verteenwoordig die gesondheidsorgkostes wat deur Ontario se belastingbetalers sedert 1995 gedra is, sê die Ontario-regering in ‘n verklaring. Die tabakmaatskappye, wat nie deur die provinsie geïdentifiseer is nie, het tot 60 dae
