Die ANC hegemonie is uit om polities-inkorrektes te elimineer. Die laaste paar maande van nuusgebeure het onomstootlike bewys gelewer vir hierdie stelling. Ons het hier te make met ’n organisasie wat enige foute uit die verlede wil wegredeneer deur te verwys na die vergewingsgesindheid van die Waarheidskommissie, terwyl dieselfde organisasie geen probleem vind in die vervolging van voormalige leiers nie.
Adriaan Vlok, wat met voetewassery homself wou vrykoop van vervolging, hetsy voor God, hetsy voor Chikane, het tien jaar voorwaardelike tronkstraf gekry, terwyl kamerade soos Ronnie Kasrils, wat self betrokke was by martel- en moordpraktyke teen swartes in Quatro, ’n ANC-goelag in Angola, skotvry daarvan afgekom het.
