Kusskeepvaart het tot in die negentiende eeu nodig gebly weens die gebrek aan goeie paaie. Die oudste pad in Suid-Afrika, die
"wagenpad na 't bos", het van die Kasteel af om Duiwelspiek en verby die huidige Rondebosch na die kloof bokant Kirstenbosch geloop waar die Kompanjiewerkers bome afgekap het.

Gesteelde selfone word nou geleer om teen diewe te draai, deur boodskappe te stuur van waar hulle is en deur die regmatige eienaars toe te laat om na die oproepe van die skelms te luister.