SA se aandelebeurs tuimel

Beleggers is swaar getref deur verliese op Suid-Afrika se Aandelebeurs nadat die VSA se beloofde hulppakket gesloer het. Old Mutual was die ergste geraak met 'n verlies van 10% vanmiddag.

Algehele indeks is af met 5.76% met hulpbronne 'n hele 8.22% laer. Platinum het laer gesluit met 4.04% en goud is met 4.42% af. Nywerheidsaandele het 3.60% verloor, finansiële aandele 4.45% en banke 3.66%.

Markte het gereageer op die nuus van die regeringsingryping in Brittanje se Bradford & Bingley en België se Fortis wat deur die Belgiese, Nederlandse en Luxemburgse regerings met $16.3 miljard gered is. Duitsland se grootste eiendomsverbandhouer, Hypo, is ook in die moeilikheid.

Aandelemakelaars Barnard Jacobs Mellet het kliënte gewaarsku dat onstabiliteit kan voortduur. Daar word verwag dat die bank-,versekerings- en finansiële aandele nie goed sal vertoon in die huidige krisis nie.

Old Mutual se blootstelling aan Amerikaanse instellings soos AIG, Freddie Mac en Fannie Mae asook Lehman Brothers, het hulle vir skerp kritiek uitgesonder.

игры длядетейДанильченео

Maak 'n opvolg-bydrae