Vrystaat Premier moet bedank: ANC

Daar word verwag dat 'n delegasie van die ANC die Vrystaatse permier, Beatrice Marshoff, gaan vra om te bedank. Die provinsie se segsman, Teboho Sikisi, het bevestig dat Marshoff se bedanking bespreek is gedurende 'n vergadering van die Provinsiale Uitvoerende Komitee.

"Die delegasie sal die besluit bespreek teen Maandagaand," het Sikisi bevestig.

Marshoff word teen Maandagmiddag terug verwag in Bloemfontein na 'n besoek aan Amerika en sal haar heel waarskynlik direk na die samesprekings haas waar oor haar toekoms besluit sal word.

Die Vrystaatse ANC het reeds gedurende die provinsiale konferensie besluit dat sy van haar pligte onthef moet word en dat die nuwe provinsiale leierskap sal besluit wanneer en hoe dit sal geskied. 

Die Provinsiale Uitvoerende Komitee sal egter nie veel tyd aan die aangeleentheid spandeer nie en sal eerder die nuwe politieke verwikkelinge en die volle impak daarvan bespreek.

Sikisi het ook gesê dat die Komitee die gerugte van 'n nuwe party wat deur ongelukkige ANC lede gestig wil word, sal bespreek.

Die Vrystaatse ANC verwag nie 'n massabedankings as gevolg van Thabo Mbeki se bedanking nie.

светильник акцентного освещениялобановский александр интервью