Natalie du Toit sal geskiedenis maak deur aan die Olimpiese en Paralimpiese spele in Beijing deel te neem.
Eskom kyk na die kernopsie
Suid-Afrika se kernkragbeleid is deur die kabinet goedgekeur om die ernstige elektrisiteitskrisis in die land te verlig, het 'n senior regeringswoordvoerder gister gesê.Tenderprosedures oortree deur binnelandse sakedepartement
Tenderprosedures is oortree toe kontrakte van miljarde rande aan vier maatskappye toegeken is om die departement van binnelandse sake se identifikasiestelsels te moderniseer.
Lees verder: Tenderprosedures oortree deur binnelandse sakedepartement
Wildreservaat se grensdrade verwyder
Die Natal Mercury berig dat een van die bekendste wildreservate in Kwazulu-Natal se grensdrade tans verwyder word met 2000 mense wat in die reservaat kom bly het en stukke grond vir boerdery skoongemaak het.
Grootse Comrades-marathon Sondag aan die kom
Eerskomende Sondag gaan 11 140 hardlopers die moordende 87 kilometer vanaf Durban na Pietermaritzburg tydens die jaarlikse Comrades-marathon aanpak.
ANC-leier in die Weskaap met mes gesteek
Die sekretaris van die ANC in die Weskaap, Mcebisi Skwatsha, is gister in die nek met 'n mes gesteek tydens 'n vergadering in die Boland, het die ANC in 'n verklaring gesê.
Polisie vorder geensins in Durbanse moorde vanuit voertuie nie
Lees verder: Polisie vorder geensins in Durbanse moorde vanuit voertuie nie
Rentekoersverhoging gekritiseer deur vakbonde
Die Reserwebank se besluit om gister rentekoerse met vyftig basispunte te verhoog, is deur die aandelemark verwelkom maar veral deur vakbonde gekritiseer.
Tsvangirai weereens vrygelaat
Die polisie in Zimbabwe het die opposisieleier Morgan Tsvangirai vrygelaat nadat hy weer gister in hegtenis geneem is terwyl hy besig was met sy verkiesingsveldtog vir die presidensiële uitklopverkiesing op 27 Junie, het sy woordvoerder bekendgemaak.
MDC word gedruk om Mugabe-presidentskap te aanvaar
Volgens die Londense koerant The Guardian, word Zimbabwe se opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering, tans aan intense druk onderwerp deur ander Afrikaleiers om Robert Mugabe toe te laat om as president aan te bly.
Lees verder: MDC word gedruk om Mugabe-presidentskap te aanvaar
