Die Johannesburgse dagblad Beeld berig dat ses speurders wat te Magaliesburg gestasioneer is, vir gewapende roof in hegtenis geneem is.
Vreemdelinge moet skuif van gevaarlike perseel
Buitelanders in die Wadeville-kamp naby Germiston was veronderstel om vandag na 'n skuiling in Springs verskuif te word nadat 'n studie bevind het dat die gebied nie veilig vir menslike gebruik is nie.
Die wetenskap gaan in Afrika gedy
Stephen Hawking, die Nobelpryswenners David Gross en George Smoot, asook Nasa-adminstrateur Michael Griffin het almal hul eerste wetenskapsreis na Afrika afgelê.Vier van MDC vermoor
Die MDC blameer vandag in Harare die dood van vier Zimbabwiese opposisie-aktiviste wat dood aangetref is op die regerende party.
Fraser-Moleketi nie bekommerd oor vaardigheidstekort
Die minister van staatsdiens en administrasie, Geraldine Fraser-Moleketi, het gister in reaksie op `n toespraak deur dr. Frik van Heerden, VF Plus-LP in die Nasionale Raad van Provinsies, gesê dat haar departement nie regstellende aksie gaan opskort nie.Lees verder: Fraser-Moleketi nie bekommerd oor vaardigheidstekort
Shell besluit om Nigeriese olieveld te sluit na aanval
Na 'n aanval deur Nigerië se magtigste guerillagroep, het Koninklike Olie van Nederland, oftewel Shell, aangekondig dat produksie gestaak sal word by 'n platform ter see wat omtrent 200 000 vate per dag produseer.
Lees verder: Shell besluit om Nigeriese olieveld te sluit na aanval
Sjinese is nou amptelik swart
Die Pretoriase Hoërhof het gister 'n belangwekkende uitspraak gegee wat Sjinese Suid-Afrikaners as swart mense klassifiseer. Hulle sal nou kan aanspraak maak op die status van 'n voorheen benadeelde groep.Brandstoftekorte vir 2010 waarskynlik
'n Senior regeringsamptenaar het Woensdag gesê brandstoftekorte gaan moontlik 'n probleem word tydens 2010 se Sokkerwêreldbeker.
Gemengde wense op Mbeki se verjaardag
President Thabo Mbeki het gister sy verjaardag in die geselskap van Robert Mugabe in Zimbabwe deurgebring.
Tiger Woods sal rekonstruktiewe sjirurgie ondergaan
Tiger Woods sal die res van die PGA-toerseisoen misloop om sjirurgie aan sy beseerde linkerknie te ondergaan. Die aankondiging is op sy webwerf gemaak.Lees verder: Tiger Woods sal rekonstruktiewe sjirurgie ondergaan
