Belastingbetalers wil dalk Oosrand-munisipaliteit boikot

Die Onhafhanklike Belastingbetalersvereniging, OBV, wil dalk die Ekurhuleni-munisipaliteit aan die Oosrand begin boikot sover dit die betaling van erfbelasting betref.

Lees verder: Belastingbetalers wil dalk Oosrand-munisipaliteit boikot

Sewe Duiwels

"10:42:23 Jy doen nooit iets agter my rug nie." Dié woorde van Kruger aan Leyds was kenmerkend van die President. In die

Image

Piet Joubert

presidentsverkiesing van 1893 het die verkiesingskomitee van sy teenstander, genl. Piet Joubert, hom beskinder. Toe hy dit hoor, sê Kruger dat hy ook heelwat weet van Joubert, wat teen hom gebruik sou kon word. Op 'n vraag waarom hy dit dan nie doen nie, was sy antwoord: "Nee. Dit verbied ek elkeen, want dit weet ek uit die tyd toe ons nog vriende was."

Lees verder: Sewe Duiwels

Geen etniese faktor betrokke by brand in Noordwes

Volgens die polisie kan die afbrand van twee kajas oor die naweek by 'n plakkerskamp in die Noordwesprovinsie wat aan Zimbabwiërs behoort nie aan etniese faktore toegekryf word nie.

Lees verder: Geen etniese faktor betrokke by brand in Noordwes