Beijing-besoedeling onder beheer

Hoewel besoedelingsvlakke hoog was net enkele dae voor die opening van die Olimpiese Spele, het die vlakke gedaal.

Die gehalte van die lug het heelwat verbeter, met helder sonskyn en sporadiese reënbuie in Beijing.

Vrydag en Saterdag was twee van die helderste somerdae in onlangse tye.

Maar vir die inwoners van Beijing is skoon lug net 'n tydelike verskynsel.

Die verkeers- en nywerheidsbeperkings gaan teen die einde van September ná die voltooiing van die Paralimpiese Spele opgehef word. Dan gaan die Chinese hoofstad weer sy besoedelde self wees.

play free slotsОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae