Geen etniese faktor betrokke by brand in Noordwes

Volgens die polisie kan die afbrand van twee kajas oor die naweek by 'n plakkerskamp in die Noordwesprovinsie wat aan Zimbabwiërs behoort nie aan etniese faktore toegekryf word nie.

Die situasie is opgehelder ná 'n gemeenskapsvergadering in Bokfontein, naby Brits, het 'n woordvoerder van die Noordwespolisie, kaptein Adele Myburgh, gesê.

Sy het egter erken dat die polisie aanvanklik 'n heroplewing van aanvalle op buitelanders gevrees het.

'n Rusie het in 'n sjebien in die Caradale-plakkerskamp tussen 'n Lesotho-burger en 'n man van Zimbabwe uitgebreek.

Die Zimbabwiër is na bewering met 'n skroewedraaier gesteek.

'n Redekaweling tussen omtrent 50 mense het gevolg en twee kajas is aan die brand gesteek, het kaptein Myburgh gesê.

безмасляные компрессоры ценалобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae