800 mense dakloos na brand

Image

Brandende kaja Foto: Uvuka

08:39:56 Driehonderd kajas is deur 'n brand in 'n plakkerskamp naby die Denver-hostel, suid van Johannesburg, laat Saterdagaand vernietig.

Johannesburgse nooddienste het gesê dat 800 mense dakloos gelaat is en een persoon gesterf het.

Die brand in die slum het net ná 10 namiddag begin.

Turffontein, Rosebank, Fairview en Kiblerpark se brandweerstasies het die brand tot ná middernag bestry.

Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie.

'n Woordvoerder vir die nooddienste sê daar is heelwat sosiale faktore wat tot brande in plakkerskampe bydra. Hoog op die lys daarvan is drankmisbruik.

купить пост подготовки к покраскеОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae