Die minister van veiligheid en sekuriteit het onthul dat ondanks vonnisse vir ernstige en gewelddadige misdade, is ten minste 31
polisiebeamptes toegelaat om weer terug te keer werk toe.
polisiebeamptes toegelaat om weer terug te keer werk toe.
Die DA se Dianne Kohler-Barnard het gesê dit was verskriklik dat Suid-Afrika oor polisielede beskik wat aan misdade skuldig bevind word waarvoor gewone mense tronk toe gaan.
Belastingbetalers betaal die salarisrekening van polisiemanne en -vroue wat aan misdaad skuldig bevind is.
Volgens die DA is 'n totaal van R90 miljoen oor die laaste drie jaar in sulke gevalle uitbetaal.
