Afro-Amerikaanse leerders se uitslae is besig om stadig maar seker verder agter te raak. In byna elke kategorie van die Kaliforniese deelstaatstad se leerders, arm en ryk, het swart studente beroerd gedoen.
Kalifornië se standaardtoetsuitslae is Donderdag bekend gemaak wat die prestasiegaping weer beklemtoon het.
Die aantal wit studente wat beter gedoen het in Wiskunde en Engels is amper 50 persentasiepunte hoër as die stad se swart leerders.
Die stad het 41 000 skoliere getoets, waarvan 4 800 swart was, van Graad twee tot elf.
Wat tweede taal Engels betref was net 23% swartes op standaard terwyl 74% wit leerders op standaard geag is.
Stadsraadlede sê die probleem word deur swart armoede, misdaad en gebroke gesinne veroorsaak, maar selfs arm wit kinders het beter as swartes gedoen.
