‘n Vooraanstaande menseregtegroep het Dinsdag Soedanese ondersoeke na geweld in Darfoer afgemaak as “vensterversierings” en gesê dit is ‘n opsetlike poging om die saak wat die wêreldhof mee besig is te ontspoor.
Lees verder: Soedan en Internasionale hof weereens aanmekaar

Amnestie internasionaal sê dat dosyne gevangenas wat teregstelling in Nigerië afwag die reg geweier is om te appelleer teen hulle doodsvonnisse en dat hulle ook toegang tot voldoende regsverteenwoordiging ontsê is.
'n Privaatkonsortium het Eskom genader om 23 steenkoolkragstasies op te rig wat die land se kapasiteit met 50% kan verbeter tussen 2012 en 2017. Daar is selfs sprake van 'n kommersiële sonkragstasie onder die 27 aansoeke van voornemende onafhanklike kragprodusente wat reeds deur Eskom gekeur is om aanbiedinge voor te lê.