Hulpwerkers in Afghanistan word bedreig

11:45:23 Die Afghaanse regering het ‘n waarskuwing uitgereik aan alle hulpwerkers en buitelanders om versigtig te wees nadat ‘n Brits-Suid-Afrikaanse hulpwerker in Kaboel, die hoofstad geskiet is.

 

 

Taliban-militante het verantwoordelikheid aanvaar vir die skietvoorval waarin Gail Williams verskeie kere geskiet is terwyl sy werk toe geloop het, omdat sy vir ‘n organisasie gewerk het wat “Christenskap gepreek het.”

Owerhede het nog nie bevestig dat die skietvoorval aan die Taliban verbind kon word nie, aangesien hulle (Taliban) soms valslik verantwoordelikheid vir voorvalle aanvaar. ‘n Segsman vir Karzai, Samaik Hirawi, het gesê dat die skietvoorval wat Maandag gebeur het gaan veroorsaak dat daar weer gekyk word na regeringsekuriteit vir hulplenigingsgroepe.

Hy het ook gesê dat hulpwerkers meer moet let op hulle omgewing en versigtig aan die dag moet lê wanneer hulle reis.

Hirawi het gesê dat die voorval negatiewe invloede kan hê op die werk van nie -egeringsorganisasies in Afghanistan, maar dat die regering seker was dat hulle nie hulle sendings sal laat vaar nie.

NRO’s het werk onder moeilike omstandighede daar, maar hy is seker dat die werk sal voortgaan. Die moord op Williams is verdoem deur Karzai, die VN-hoof, Ban ki Moon en die Withuis.

Die situasie het onstaan ná onlangse verslae van ‘n NRO-sekuriteitsgroep en die VN oor die toenemende aantal nsurgente en aanvalle nadat die Taliban-regering 7 jaar gelede verwyder is.

Daar is honderde buitelandse en Afghaanse NRO’s in post-Taliban-Afghanistan, waarvan baie wesentlike werk verrig in ‘n land wat deur dekades se oorlog verniel is en ook een van die armstes ter wêreld is.

Maandag se aanval was nie die eerste keer dat ‘n buitelandse burger in Kaboel doodgeskiet is nie. Omtrent 30 hulpwerkers is sover vanjaar in Afghanistan doodgeskiet, waarvan 6 buitelanders was.

баня подФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae