Soedan en Internasionale hof weereens aanmekaar

‘n Vooraanstaande menseregtegroep het Dinsdag Soedanese ondersoeke na geweld in Darfoer afgemaak as “vensterversierings” en gesê dit is ‘n opsetlike poging om die saak wat die wêreldhof mee besig is te ontspoor.


Human Rights Watch het dié stelling gemaak ‘n week nadat ‘n spesiale ondersoekbeampte van Soedan bevind het daar is gronde om ‘n Arabiese milisieleier, wat deur die staat ondersteun word, te vervolg.

Volgens Georgette Gagnon, die Afrika-direkteur vir HRW, is die Soedanese regering daarop uit om enige pogings van die Internasionale Strafhof met sulke pogings in die wiele te ry.

Niemand behoort deur dié pogings om die bos gelei te word nie, het sy bygevoeg.

Op 14 Julie het die Internasionale Strafhof die Soedanese president, Omar al-Beshir, beskuldig dat hy sy weermag opdrag gegee het om drie nie-Arabiese groepe uit te wis in Darfoer, deur middel van moord, marteling, roof en die gebruik van verkragting vir doeleindes van volksmoord.

‘n Paneelregter besluit tans oor die uitreiking van ‘n lasbrief vir sy  inhegtenisname.

Soedan weier om die Internasionale strafhof te erken, en probeer om die VN se veiligheidsraad te oortuig om moontlike aksie teen Beshir te staak. Deel van die veldtog is om aan te dring op die doeltreffendheid van die howe, maar suksesvolle vervolgings in Soedan oor misdade in Darfoer, wat die Internasionale hof sy saak sou laat vaar,  het tot nou toe nie gerealiseer nie.

Soedan het ‘n spesiale Darfoer-aanklaer aangestel drie weke nadat die Internasionale hof se aanklaer, Luis Moreno-Ocampo, begin het om teen president Bashir op te tree.

Regsbeamptes het vandeesmaand gesê dat die aanklaer sy ondersoek na bewerings teen Ali Kosheib, ‘n milisiebevelvoerder wat sedert 2007 gesoek word vir oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom, voltooi het.

Kosheib se eerste verhoor in 2007 is vir ‘n onbepaalde tyd uitgestel. Soedanese wetgewing sluit nie volksmoord en misdaad teen die mensdom in nie.

Gagnon het gesê dat selfs al was die regering ernstig daaroor om Kosheib te vervolg, hy nie vir al die dade waarvoor hy gesoek word aanspreeklik gehou sal word nie.

Nog ‘n Soedanese persoon wat deur die Internasionale hof gesoek word, Ahmed Haroun, ‘n kabinetsminister, was verlede Oktober vir ‘n kort rukkie in aanhouding, maar is vrygelaat weens gebrek aan getuienis.                

дитячи машинилобановский александр компромат